Plaag van Justinianus

Sint Sebastiaan pleit by Jesus vir die lewe van 'n grafgrawer wat tydens die plaag van Justinianus siek geword het. (Josse Lieferinxe, ca. 1497–1499)
'n Kenmerk van die plaag van Justinianus was nekrose van die hand. ('n 1975 foto van 'n plaagslagoffer)
'n Kaart van die Bisantynse Ryk in 550 ('n dekade na die plaag van Justinianus) met Justinianus se verowerings in groen aangedui.

Die plaag van Justinianus (541–542 n.C., met herhalings tot 750) was 'n pandemie wat die Bisantynse (Oos-Romeinse) Ryk en veral die hoofstad, Konstantinopel, sowel as die Sasaniese Ryk en hawestede rondom die hele Middellandse See getref het.[1] Handelskepe het die plaag versprei as gevolg van die rotte op die skepe, wat vlooie wat met die plaag besmet was, gedra het. Sommige geskiedkundiges is van mening dat die plaag van Justinianus een van die dodelikste pandemies in die geskiedenis was, wat gelei het tot die dood van ongeveer 25-50 miljoen mense gedurende twee eeue wat dit by herhaling voorgekom het. Tydens die eerste uitbraak was die dodetal gelykstaande aan 13–26% van die destydse wêreldbevolking.[2] Die sosiale en kulturele impak van die plaag word met dié van die Swart Dood wat Eurasië in die veertiende eeu verwoes het, vergelyk. Volgens navorsing wat in 2019 gepubliseer is, word daar egter aangevoer dat die dodetal en die sosiale gevolge van die plaag oordryf word.[3][4]

In 2013 het navorsers vroeëre bespiegelinge dat die plaag van Justinianus deur Yersinia pestis, dieselfde bakterie wat verantwoordelik was vir die Swart Dood (1347-1351), bevestig.[5][6] Die Swart Dood het vir 'n baie korter tydperk geduur, maar het steeds 'n geskatte een-derde tot die helfte van Europeërs doodgemaak. Antieke en moderne Yersinia pestis-stamme, wat nou verwant is aan die voorloper van die Justinianse plaagstam, is in Tian Shan, 'n stelsel van bergreekse aan die grense van Kirgisië, Kazakstan en China gevind, wat daarop dui dat die Justinianse plaag moontlik in, of naby daardie streek ontstaan het.

Die plaag het tydens die agste eeu periodiek teruggekeer;[1] dit het 'n groot invloed op die daaropvolgende verloop van die Europese geskiedenis gehad. Moderne historici het die plaag na Justinianus I, die keiser ten tyde van die eerste uitbraak, genoem. Justinianus het self die siekte opgedoen, maar dit oorleef.

  1. 1,0 1,1 The Sixth-Century Plague
  2. "The Plague of Justinian". {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  3. "The Justinianic Plague: An inconsequential pandemic?". 27 November 2019. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  4. "Rejecting Catastrophe: The Case of the Justinianic Plague". 1 Augustus 2019. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  5. "Modern lab reaches across the ages to resolve plague DNA debate". phys.org. 20 Mei 2013.
  6. Maria Cheng (28 Januarie 2014). "Plague DNA found in ancient teeth shows medieval Black Death, 1,500-year pandemic caused by same disease". National Post (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy